Onderwys (geskiedenis)

In die vroeë Romeinse tyd was dit die gebruik dat slegs seuns geleerdheid ontvang. Die vader en moeder was self die eerste onderwysers van hul kind. Die moeder, met afwisseling van sagtheid en gestrengheid, het gesorg dat die seun met 'n mooi karakter sou grootword; die vader het sorg gedra vir sy liggaamlike ontwikkeling, en wou boweal toesien dat hy 'n goeie dapper burger sou word. Hy het hom leer perdry, swem, en stoei; daarna het hy hom leer lees en skryf en hom die wette van die staat laat leer, waaraan hy altyd gehoorsaam moes wees; ook het hy hom bekend gemaak met al die maniere waarop hy later deel kon hê aan die politieke lewe van die stad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search